Hoofstuk 1

“Wat bedoel jy ek doen dit nie meer vir jou nie?” Annemarie het vandag weer met Lelike Johan wakker geword. Moerig die oomblik dat jy sy twee oe oopmaak.

“Kyk in die spieel vrou, dan figure jy dit uit.” Met daardie woorde verdwyn hy kombuis toe.

Annemarie waag dit om na die spieel te draai om te sien of daar enige waarheid in haar man se aantuiging is. Daar is. Woeste oggendhare en pigmentasievlekke. n Oorgroot slaapbroek wat nie meer oorgroot is nie.n Pajamahemp met n eens vrolike Mienie Muis op rond haarvoorkoms af. Nie n prentjie van begeerlikheid nie, maar wie is? Watter nirmale vrou raak wakker met gekamde hare, geborselde tande, en eina-satyn pajamas? Behalwe in films natuurlik.

Sy trek haar kamerjas aan, borsel vinnig haar hare en besluit om gou muffins vir ontbyt te maak.

Johan staan voor die wasbakmet sy rug na haar. Sy ignoreer sy opmerking. Van netnou en skuif so skuins onder sy arm in.

“Wat doen jy?” vra nie net sy stem nie, maar ook die uitdrukking op sy gesig.

“Ek gee my man n drukkie, of mag ek nie?” Sy trek selfbewus haar kamerjas se hals toe.

“As ek n drukkie wou he sou ek vir een gevra het, ek gaan draf.” Daar loop hy. Weg. En sy woorde hang soos besoedeling in die lug.

Hoe lank gaan sy dit nog regkry om hierdie leegheid en eensaamheid binne-in haar te ignoreer? Die monster van verwerping koggel haar elke keer wanneer Lelike Johan kop uitsteek. Is dit normaal dat mans so met hul vrouens praat? Sy weet sy is nie n supermodel nie, geensins perfek nie, maar is dit wat mans soek, perfeksie? Onvoorwaardelike liefde is definitief n eenrigtingstraat in hulle geval.

Eendag lank gelede was haar man gaaf met haar, het selfs gewys hy is lief vir haar. Hy het na haar gekyk, haar raakgesien. Na haat geluister. Vir haar lawwe dinge gelag, haar opinie gevra, haar in ag geneem. Sy het saak gemaak. Hy het haar naam gesing, nie geroep of geskreeu nie. Haar naam was nie n vloekwoord nie. Hy het haar by die naam geken. Sy was syne, en hy was hare, hulle was n span. Deesdae verduur hy haar net, net. Sy kan voel hoe sy hom irriteer. Sy oe brand op haar neer vol kritiek en afsku.

Met Johan se terugkeer het Annemarie reeds muffins gebak, die kombuis skoongemaak, gestort en aangetrek. Sy bied vir hom n glas varsuitgedrukte lemoensap aan toe hy die kombuis binne kom.

“Vir wie is dit?” vra hy terwyl hy buk om sy veters los te maak.

“Vir jou, dis lekker yskoud.”

Hy kom staan voor haar, neem die glas, kyk daarna en sit dit op die toonbank neer.

“Jy weet, die grootste probleem in ons huwelik is nie net jy en jou dikgat en luiheid nie, dis jy wat nie n dooie woord luister wat ek vir jou se nie, lyk my jou vet het al jou brein geaffekteer! Hieveel keer moet ek vir jou se ek drink nie meer lemoensap nie, dit gee my sooibrand?”

“Ag skuus man, tussen jou en die kinders se voorkeure en afkeure kan ek nie bybly nie.” Sy probeer haar bewende stem lig hou.

Jy kom staan so naby haar dat sy die die hitte van sy sweetlyf kan voel, spoeg sy woorde in haar gesig.

“In hierdie huis tel my voorkeure eerste en dan die res sin, as jy genoeg belangstel in ons huwelik en hierdie huishouding sou jy uit jou kop uit geweet het wat my voor- en afkeure is.”

Annemarie antwoord nie. Sy drink die lemoensap self. Die trane dreig. Sy begin swaar asemhaal. Sy hoor die kinders oppad kombuis toe. Dit is nie nou die tyd vir hiperventilasie nie. Johan kan sien sy is ontsteld. Hy staan agterhaar, knyo haar bo-arm in n stywe greep. 

“Gaan jy nou huil? Hoe gaan jy dit aan die kinders verduidelik? Ruk jou reg, moenie so n baba wees nie.” Sy vlug waslyn toe.

Die meisies kom die kombuis binne en drom dadelik om die heerlike warm muffins.

“O dit ruik lekker! Niemand kan muffins bak soos Mamma nie.” Klein Emma. Breek stukke uit die muffin. Krummels val op die grond.

“Verdomp Emma, kyk hoe mors jy! Nee magtig man, wie gaan dit skoonmaak?” Hy roep by die agterdeur.

“Annemarie kom maak hier skoon, die kind eet soos n vark!” Sy los die wasgoed. In die besemkas soek sy die skoppie.

“Ja sien jy, die besem en skoppie is nie daar nie, want tussen jou en jou bediende kan julle mos nie n ding op dieselfde plek terugsit nie.” Hy druk voor haar in en begin alles uit die kas gooi. Meteens besef sy die skoppie en besem le buite by die wasbak. Woordloos gaan haal sy dit. Hy krap nog in die kas toe vee sy reeds die krummels op. Emma staan grootoog langs haar Ma. Johan los die uitgepakte kas netso.

“Mamma los dit ek sal dit doen, dit is ek wat gemors het.”

“Toemaar my kind ek is darem nog nie so dik dat ek nie kan buk om die vloer te vee nie. Sy vee langer as wat nodig is. Dit hou haar besig en die trane weg. Johan moes besef dat hy die situasie voor die kinders moet beredder.

“Nog nie te dik nie, maar amper.” Hy buk en piets haar speels op haar boud. Karien en Anel lag. Emma lag nie. Annemarie vee krummels wat lankal nie meer daar is nie. Sy vee om weg te vee. Waar kom Mooi Johan nou skielik vandaan?

“Karien hoe was jou week? Lyk jou punte goed?” Hy smeer sy muffin konfyt.

“Die week was goed, Finrek is vrek moeilik, maar almal sukkel daarmee.” Sy sit kruisbeen op die bank en maak haar hare in n los bolla op haar kop. Annemarie het intussen duislig opgestaan. Sy kyk die prentjie wat Karien op die bank maak. Wanneer het die kind so mooi geword?

“Ek wil nie hoor van almal sukkel nie, ek stel net in jou punte belang. Onthou my kollegas gee vir jou klas, ek wil nie op kampus hoor jou punte is swak nie.” Hy skuif sy fokus na Anel.

“En jy Anellie, hoe was jou week?” Anel kan nie wag vir haar beurt nie.

“My week was fantasties! Ek het agt en tagtig persent vir my Biologie taak gekry en vier en tagtig vir die Wiskunde toets, en ek hoor Maandag of ek en Henda in die A-span vir debat is!” Anel gooi haar arms bo haar kop soos in oorwinning.

“Dis goeie nuus oor debat, maar onthou net, jy kan nie in Graad tien vier en tagtig vir Wiskunde kry nie, waar gaan jou punte in Matriek le? Ek gee nie om dat jy buitemuurse aktiwiteite het nie, maar akademie kom eerste. Nou toe ek gaan stort. Sonder om vir Emma te vra hoe haar week was is hy gangaf.

Annemarie besef dat hy Emma oorgesien het. Gaan sy ooit voel dat haar Pa haar as dogter aanvaar? Sy gee Emma n drukkie.

“En hoe was Emma se week?” vra Annemarie opreg.

“Baie lekker, tot netnou. Dink Pappa jy is die enigste een in die huis wat perfek is en als reg doen?” Haar ogies skiet vol trane.

“Ag my kind hy hou maar net daarvan dat dinge regloop en Mamma het nou nie altyd n professor se kop nie.” Sy vryf oor Emma se krulhare.

“Wel ek is bly Mamm is nie n professor nie, Mamma is perfek.”

My liewe kind as my net weet hoe ver van perfek hierdie Mamma voel.

Annemarie kom die slaapkamer binne net toe Johan die handdoek om sy lyf draai. Sy begin skoon wasgoed haastig in die kas pak en hoor hoe hy die kamerdeur toemaak. Die volgende oomblik staan hy agter haar, teen haar. Gaan hy nou wraggies sinnigheid kry vir hierdie dik lyf van my, wonder sy by haarself. Dit kan tog moontlik nie oor my of my lyf gaan nie, hy gril dan as hy net na my kyk.

“Hoe lyk dit, het ons n tydjie om onsself te geniet voor die kinders agterkom ons is stil?” Hy praat in haar nek. Sy ril vir elke vetrol waaraan hy raak, probeer haar maag intrek, maar helaas, dit help nie.

Na die tyd stort hy weer. Sy voel ook na n koue stort, maar durf dit nie voor hom doen nie. Waarom voel sy so ontstig? Hoort sy nie in ekstase te wees dat haar man haar nog begeer al is sy so oorgewig nie? Dis net, daar is geen passie nie, geen emosie nie. Hy stel  geensins in haar of haar plesier belang nie, net solank hy sy verligting kry is hy tevrede. Hy maak nie met haar oogkontak nie, staan eenvoudig van die bed op soos van n etenstafel en mompel n dankie in die wegloop. Nooit het sy gedink n vrou kan so misbruik in haar eie huwelik voel nie. Hoe kon sy daardie dag weet hoe baie nooit haar nog onkant gaan vang.

“Ek het vergeet om jou te se, die Bestuurskool het die einde van die maand jaarafsluiting, hulle het gevra of jy weer die nagereg sal maak, spesifiek die brownies, joune is blykbaar die beste.”

“Ek is bly hulle dink myne is die beste, ek maak dit graag vir hulle. Weet jy vir hoeveel mense?” Sy sit steeds op die bed onder n ligte kombers, sy wens hy wil nou loop dat sy kan stort, sy kry vrek warm.

“Wel dit is die personeel met hul gades, ek skat so sestig mense, maar ek sal met jou bevestig.” Hy beweeg darem al deur se kant toe.

“Ek sal vir my iets moet kry om aan te trek, ek weet my brownies gaan meer aandag as ek trek, maar ek sal darem moet goed lyk.

“Dis reg, moet tog nou net nie n spektakel van jouself maak nie, ek skaam my dood.” En daar loop hy. En daar sit sy.

Sy het nog lank so gesit voor sy gaan stort het. Sy sou langer wou sit. Ding is, dit is gevaarlik om te sit en te staar en te dink. Opstaan en beweeg is soms makliker.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s